Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Gigue van die Rotvanger" deur ANTJIE KROG
"Gigue van die Rotvanger" deur ANTJIE KROG [boodskap #28676] Sa, 08 Januarie 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

GIGUE VAN DIE ROTVANGER
Antjie Krog

jy loop met 'n silwer fluit deur die nag
met jou mond vorm jy vreemde note
met jou vingers maak jy valdeure oor die gaatjies
met jou oë kyk jy ver voor jou uit
na waar die lied vandaan kom
ek het geweet jy sou kom
daarom het ek na jou gesoek
soggens as die son fluit-fluit met die voetpad oor die berge kom
hande in die broeksak
kitaar oor die skouer
daarom het ek na jou gesoek
snags as die poeierige mot haar eiers oor die lug lê
en die stad soos kole onder 'n seeppot bly gloei
soos 'n bruid het ek my klaargemaak vir jou:
my hare gewas in vlokke sjampanje en dou
my liggaam ingevryf met olies en neute en geprikte roosmaryn
ek het woorde na jou vernoem
met klei jou lag probeer namaak
ek het stories opgemaak om jou te vertel as jy kom
want ek het geweet jy sal kom
by jou is ek sonder herkoms of toekoms of kompleks
by jou is ek 'n oomblik, 'n vonk
by jou is ek onbewus of ek hartseer is oor jou
en of ek hartseer is oor myself
en of ek al ooit in my lewe hartseer was
daarom het ek vir jou gewag
want ek het geweet jy sal kom
maar ek het nie geweet dat jy sou kom terwyl dit donkermaan is nie
ek het ook nie geweet van die fluit nie
ek het net die note gehoor
en onbewus van dagbreek of skemer
het ek opgestaan om jou lied vir altyd te volg.
Re: "Gigue van die Rotvanger" deur ANTJIE KROG [boodskap #28683 is 'n antwoord op boodskap #28676] Ma, 10 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

christopher f wrote:

> This is gorgeous Afrikaans to my ears.

> I really enjoy your poetic contributions to the nuusgroep. Dankie,
> Gloudina.
>
> @home.com wrote:
>
>> GIGUE VAN DIE ROTVANGER
>> Antjie Krog
>
Dankie Christopher. Ek het al begin dink die nuusgroep is aan die
doodgaan. Dis dus goed om te sien daar is darem nog mense wat
dit lees.

Gloudina
Re: "Gigue van die Rotvanger" deur ANTJIE KROG [boodskap #28687 is 'n antwoord op boodskap #28676] Di, 11 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kwarantyn  is tans af-lyn  Kwarantyn
Boodskappe: 171
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Moet maar nie te ver gaan soek vir redes waarom die nuusgroep nie so
aktief is nie. Kom ek gee sommige van die redes waarom ek self
ongesiens en ongehoord soms kom en kyk wat hier gebeur en dan weer gaan:
* ongevraagde, onregverdigbare venynige persoonlike aanvalle;
* gedurige en kleinlike gekibbel en bakleiery tussen sommige plasers;
* die kaping van die groep deur 'n plaser, wat met sy sinnelose
gebrabbel alles oorheers of probeer oorheers.

Verder geniet ek die meeste van die gedigte wat Gloudina hier aanhaal.
Veral die Antjie Krog wat hierdie gesprek aan die gang gesit het is
puik! Daar was 'n besonder aantreklike dromerige ondertoon wat baie aan
Arthur van Schendel herinner - selfs ietsie van Simon Vestdijk op sy
beste in gehad, vermeng met die wonderlike Afrika evokasie van die
beeld van die stadsligte "soos kole onder 'n seeppot". Dit roep Eugene
Marais op, en Leipoldt - en Koos Doep; selfs Breytenbach. Lanklaas dat
ek so 'n ryke mengelmoes van beelde en evokasies - byna invokasies - in
een gedig saamgevleg gesien het. In sekere sin kry ek hier 'n
distillasie van die Afrikaanse poësie van toe tot nou. Soveel
hunkering, soveel verlange, en soveel verlorenheid... soveel poësie!
Dit bly tog verstommend dat een digter met presies dieselfde gereedskap
so 'n gedig kan maak terwyl soveel ander maar net in die modder
rondploeter.

En ja: ek weet Van Schendel en Vestdijk is prosaskrywers. Maar Kroge se
gedig herinner my baie aan Van Schendel se dromerige, poëtiese
kortverhale en Vestdijk se verbeeldingryke prosa.

Re: "Gigue van die Rotvanger" deur ANTJIE KROG [boodskap #28688 is 'n antwoord op boodskap #28676] Di, 11 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobbe  is tans af-lyn  Kobbe
Boodskappe: 34
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Volle Lid
schreef in bericht 387A3620.B9704098@home.com...
|
| >> [Gloudina:]
| >> GIGUE VAN DIE ROTVANGER
| >> Antjie Krog
|
| > [Christoffer:] This is gorgeous Afrikaans to my ears.
| >
| > I really enjoy your poetic contributions to the
| > nuusgroep. Dankie, Gloudina.
|
| [Gloudina:] Dankie Christopher. Ek het al begin dink die
| nuusgroep is aan die doodgaan. Dis dus goed om te sien
| daar is darem nog mense wat dit lees.
|
[Kobbe:] Geen reactie wil niet zeggen dat er niet gelezen
wordt.
Je Afrikaanse versie van "Stille nacht" bijvoorbeeld, heb ik
als kerstwens naar diverse kennissen doorgestuurd ! Nog
bedankt.
Re: "Gigue van die Rotvanger" deur ANTJIE KROG [boodskap #28705 is 'n antwoord op boodskap #28676] Do, 13 Januarie 2000 00:00 Na vorige boodskap
Ossie-man  is tans af-lyn  Ossie-man
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 2000
Karma: 0
Junior Lid
Het enige een van julle miskien 'n idee van waar ek gedigte deur Antjie Krog
of Koos Doep kan kry. Ek het lanklaas iets van hulle gelees.
Vorige onderwerp: "Odessa" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: "Trans-vaal" deur PETRA MULLER
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 21:20:34 MGT 2024